WP, Jou lekker ding!
Blog
Friday, 3 Sep 2010

Vodacom WP suffer another defeat

A magnificent performance from Michael Killian and Elton Jantjies secured the Lions their fourth straight victory of the Currie Cup as they beat WP 46-28 at Coca-Cola Park on Friday night.

Read More

Posted at 11:15 PM in Latest News | Permalink | Comments (26) | TrackBack (0)

TrackBack

TrackBack URL for this entry:
http://www.typepad.com/services/trackback/6a011570a68644970b013486cecddd970c

Listed below are links to weblogs that reference Vodacom WP suffer another defeat:

Comments

Feed You can follow this conversation by subscribing to the comment feed for this post.

Ek sien ons word nou gesponsor deur LG. Ek wens ons kan deur Specsavers gesponsor word, 'n bril vir Alistair Coetzee, sodat hy kan sien hoe kak Duvenhage en Willem de Waal is. Ek gee nie om of De Waal 100% skoprekord het nie, sy algemene spel is useless, en as Duvenhage die beste skrumskakel in die Kaap is, dan weet ek nie meer nie.
Pateties. Sies!

BRING TERUG VIR PIETER LOUW! Hoe vorder die ribbesering??

Useless no passion no life and I promise everyone that WP wont win the cup this year its a given we are not up to it our tight five are still only 2nd division quality and our backs are vision less you should be ashamed of yourselfs

Ag nee en daar verloor ons wragtig weer en dit teen 'n Lion-span wat almal gedink het 'n lekker melkkoei in die reeks gaan wees. Baie geluk aan die Lions - hulle het vaardighede uitgestal wat skrik vir niks en hulle verdediging - ongelooflik. WP sit 17 fases op. Resultaat? Hulle verloor die bal en kry geen punte nie. De Waal skop kantlyn toe i.p.v pale toe na 'n strafskop vir 'n moontlike 7-punter. Resultaat? WP verloor die lynstaan - geen punte. Ewe skielik is die WP nie meer die span teen wie dit die moeilikste is om drieë te druk nie - die Lions druk sommer vyf! Hoffman word na die Sharks gekanaliseer - daardie mannetjie gaan nog vir ons in 'n Sharktrui, in ons agterplaas harde bene laat kou. Hoe laat die WP toe dat talentvolle spelers, soos hy, die Kaap verlaat en dan word hulle bokke en sterre in ander provinsies en kom gee vir ons pak in ons eie agterplaas. Flip v/d Merwe, Hougaardt, nou Hoffman en so gaan dit aan en wie kry ons in ruil? Rassie het dan, toe hy hier gekom het, gesê dat dit is lekker om in 'n provinsie met so 'n hoop talent te kom afrig, maar waar is ons diepte dan nou? Ewe skielik sukkel ons vaste vyf. Duvenhage is so voorspelbaar soos Zuma se sekslewe, De Waal skop net besit weg terwyl die ander span besit behou en die WP sonder balbesit hou. Nee, ek verstaan nie, maar ek sal by Province bly staan. Ek word net partykeer, soos gisteraand, so ongelooflik kwaad - seker meer teleurgesteld as kwaad, maar kom aan boys - volgende Saterdag. Julle moet uit hierdie groef uitkom. Julle kan nog 'n tuis halfeindstryd beklink en Francois, wees bietjie meer oop kop man. Jy staan net strafskoppe en dus punte af en veroorsaak dat ander spanne binne trefafstand bly en op die regte oomblik die WP die doodskoot gee. Sterkte manne - julle het die talent en die vaardighede om bo uit te kom! Mooi loop!

Ja, wat kan mens se na so 'n vertoning, dink dis gepas om te se baie geluk aan Mitchell en sy span. Hy en Plum het aangepas by hoe rugby in 2010 behoort gespeel te word direk en stel vinnige besit op maak vinnig skoon en behou besit, maklik ne! Nie ons nie, solank ons de Waal op 10 gaan speel gaan ons sukkel hy kan net nie die agterlyn wegkry nie en Dewies sal sy spel vinnig moet lig soms is sy belsuitneming swak en wag hy te lank om skoon te maak. Dis al so voorspelbaar die kort aangee na forwards wat in elk nie uit diepte en spoed kom nie so is maklik om te verdedig. Ja, stem ons vaste vyf sal moet sokke optrek ons lyk al weer te veel na ligtht 5. Weet nie wat skielik aangaan met Blaauw nie ons het nodig dat hy moet fire en die slotte is nie veel beter nie. Arme Duanne gee week na week sy beste, maar die res maak erg droog. Hoeveel onnodige strafskoppe het ons nie afgestaan nie verstaan dit nie as die ref se los dan moet jy luister! Senters lyk planloos en oor Jantjes praat ek nie eers nie is nou net so voorspelbaar soos Kirchner, moes nooit vir Joe P laat gaan het nie hy het ten minste visie op veld gegaan gepaard met spoed en uitstekende skopvoet aan hom. Hoop maar Bokke is terug en bring woema saam - tyd geword om Cronje op 10 te speel met Jdv en JdJ aan sy buitekant en skuif Appels 15 toe. Hou JJ op vleuel en speel vir Poolman van o/21 daar. Dan het jy nog steeds genoeg ondervinding saam met die jonges. Maar voor dit gebeur moet dit voor begin kook, ons lyk net nie selfde sonder Dries en Schalla voor nie en ek weet nie of dit gaan verander nie....

Hoe spel 'n mens WP?

Antwoord: K-A-K


Ag nee wat...tipies soos wat WP is, stel hulle maar altyd teleur. Jy kan vir hulle die vyftien beste speler in die wêreld gee en hulle sal steeds teleurstel. Ek was nog altyd 'n trotse WP-ondersteuner, maar het nou genoeg gehad. Sal nie vir 'n ander span skree nie, maar kyk net nie meer Curriebeker nie, want die CB is tog so voorspelbaar...die Bulle of Sharks gaan seker nou weer die ding wen en die Cheetahs is tog altyd so windgat. Ag nee wat, ek kyk eerder Springbokke.

Dankie vir fokol, WP.....

guys whats happening? you just don't seem focused like you're not all there.

I know you can do this but you got to get it together!

AC op net speler te coach om te verdedig is pateties.Wat het geword van aanvalllende rugby.WP is vanaf die begin vd seisoen swak.hulle was net gelukkiig om hull eerste games te wen.Hulle is te voorspelbaar.Ek het geweet hul wiele gaan afval.Kry Janjies jammer,maar na sy besering stel ek voor dat sy goeie dae verby is.hy was goed, maar jammer dit id tyd om te gaan.Dewies was nog nooit goed en daar gaan hoffman wat WP se beste en toekomstige scrummy is haaie toe.Jinkamis na die bulle toe, wat ook beter is as Dewies.KOM NOU WP TREK OP JUL SOKKIES.EK IS WP CRAZY, MAAR NIE HAPPY MET JUL VERTONINGS NIE. AC MOET NIE DAT DIE KIWI COACHES WYS HULLE IS BETER TOEGERUS AS DIE SA COACHES NIE.HOU DIE LEEUS EN HAAIE DOP.DIE KIWIS WAT SUID-AFRIKANERS AFRIG DOEN IETS REG.AC,RASSIE ONS KAPENAARS IS HONGER OM DIE CB TE WEN.WEN DIT VIR ONS

Almal hier bo kan dit nie beter stel nie. Die WP Rugby unie hou hom met snot op. Stel Erasmus aan om eintlik wat te kom doen? Om te kom vertel dat dit 'n lekker provinsie is sodat sy(Rassie) geldkoffers vol bly en probeer om ander reekse te begin in SA terwyl hy hom moet bepaal by ons WP rugbyspan. Hy!!! is die een wat talent moet identifiseer en ontwikkel en dan sorg Allister Coetzee met sy horingkak spankeuses dat almal wat hart het om die game te speel, dat hulle wegtrek!! Dankie julle 2 vir NIKS!!! Koop nog k@k soos Habana en laat almal wat kan weggaan gaan om ons in ander spanne se truie te kom optos. Julle is net eenvoudig pateties. Ek het dit op 'n vorige inskrywing gese dat ons nie die Springbokke as 'n verskoning moet gebruik nie...ons moes nou die wa deur die drif kon trek met die luukse dat ons hulle kan terugbring om alles net mooi vir ons te kom afrond met die beker in ONS kas aan die einde van die kompetisie. Dit is besig om 'n grap te word..WP gaan weer die joke word as hulle so aankarring. Waar is Lionel Cronje? Speel o/21 met Brache wat op die plaasvervanger bank is. Conrad Jantjes was puik, hy het 'n MOERSE besering gehad en hy gaan ons kos!!! Hou aan om hom te kies, hy gaan ons kos!!!! Hartzenberg is nog nie reg vir die vlak nie, nie as flank nie, hy is te stadig. Daar is net een vraag wat ek sal wil he dat Erasmus-hulle vir ons moet verduidelik: hoekom laat hulle toe dat soveel talent uit die WP padgee? Moenie se dat geld 'n rol speel nie, die WP het genoeg fondse en wenrugby maak paviljoene vol van ONS ondersteuners en sorg vir ekstra semi- en finale- wedstryde. HOEKOM LAAT JULLE DIT TOE?

Ek kan dit nie beter stel as wat almal hierbo reeds se nie. Ek was Vrydagaand daar, maar wat n gemors het ek nie gaan kyk nie. Jantjes was miskien goed n hele paar jaar gelede, maar hy beteken nou niks. Storm met n moerse spoed om die opponent af en dan gaan staan hy voor hom. Die drie wat Killian gedruk het was eenvoudig so maklik, ons was wel op die aanval, maar die bal verloor en Killian het die bal aan die teenoorgestelde kant van die veld gekry met 2 voorrye, n slot en een ou van die backline voor hom. Ek is verbaas hy het hom nie des moers geskrik toe hy sien wie hy moet klop nie.
Die Bulle is terug in die stryd na hulle oorwinning oor die Sharks, so ons sal moet vinger trek om weer ons neus 2de te kry.
Ek wens ek het gweet wat in die span aangaan. Alister moet gaan kyk wat het hulle in die eerste 5 wedstryde gedoen en kyk wat hulle nou doen. Gepraat van Generaal, wat noem jy dan Strydom en Jantjies?
Ons het in die laaste 2 wedstryde 9 driee afgestaan, waar is die span nou wat die minste driee afgestaan het nou?
My laaste punt wat ek wil maak is dat.
Vermeulen ons ook gaan verlaat, want geen mens wil vir n span speel wat tops is en nou ewe skielik nie weet wat beteken wen nie
Ek hoop in my hart dat die WP regkom, ek weet hulle kan
PIET WP

Ja, manne dis werklik sleg om te lees dat ons coach dink nie veel is verkeerd nie en dit kan maklik reggestel word? Dis wat hy nou al die afgelope 3 weke se en lyk my sy vertroue is nou in Bokke wat terugkom. Ek glo Appels, Jean en Juan sal verskil maak maar se weer dat Appels op 15 gekies moet word in Jantjes se plek wat soos baie hierbo noem swak speel en niks bied op aanval nie. Ons moet begin om vir Cronje te speel, baie waar ook dat ons coaches sy kanse belemmer om in Bokspan te kom deur hom nie te kies nie. Nou gaan Elton Jantjies en Lambie (wat kanse by hul unies kry) voor hom gekies word. Hoe gaan hulle ooit weet of hy gereed is of nie indien hy nie kans kry om dit te bewys nie. Dink ook Brock en Flo verdien breek, hulle speel pal sedert Feb en kan nie so aangaan nie.
BM - gee asb updates oor beserings, hopelik is Koster en Pieter Louw terug. En ja die SA afrigters sal moet begin bykom, die spel het heeltemal verander en daar moet begin word om in spasies te speel en te "offload" nie om stampkar rugby te speel nie, dit hoort tot in die verlede.

As ek die Backline kon kies vir volgende week -
9 - Conrad Hoffmann
10-Lionel Cronje
11-JJ Engelbrecht
12-Jean de Villiers
13-Juan de Jongh
14-Danie Poolman(Hoop hy kry sy kans voor hy ook weggaan soos Hoffmann)
15-Gio Aplon

Daar is 'n backline met 'n scrummie wat die regte opsies kan vat, 'n losskakel wat 'n backline kan aan die herdloop kry, 2 briljante spelskeppende senters en 3 great finishers op die punte. Danie Poolman het hope talent en maak my baie opgewonde, hy moet kans kry voor die ou manne, jy moet spoed op die vleuels he.Alistair praat self van hoe moeilik dit was om te verdedig omdat Leeus soveel spoed het, maar hy is die een wat die stadige oumanne soos Welsh en Juries op vleuels kies.

Swakswak swak!!! ek sak my kop in skaamte om te se ek is 'n wp ondersteuner. hoop julle kan ten minste die leoperds wen, of gaan ons weer die balle weg gooi so voor die lyn.

Pateties W.P
Pateties...

Ek het superglue.. en ek is seker die unie kan vir julle ook koop. Even blady handskoene met rubbergrip. Hou vas aan daai pase. Trek jou defender DAN paas j nie as hy op sy 20tree is nie en j op die halflyn nie. TREK EERS DIE DEFENDER DAN PAAS, en DONNER VANG NET DI FKN BAL RAAK.

EN STUTE, WTF SOEK JULLE IN DIE SENTER POSSISIE? Julle paas mekaar dood teen die kop, val oor mekaar? Shit die anner span hoef nie eers te speel nie. Julle speel ten julle self.

I agree with Stefan on Danie Poolman that guy is flipping good but no WP will choose to play centres on the wing and Hoffmann at Fullback. Ay was so embarrasing being at the game and watching that Kak. As soon as Hoffman came on he scored a try. WP are like the Boks they have become to complacent in their positions they need to be replaced so they can see they have to work for their position. But that will never happen cos AC is a proper ...... !!! De Waal must go he is useless I dont care that he can kick for polls WP need to start focusing on attack screw Defence its clearly not working!!!! Its so frustrating that the Public and us supporters can see the problems why cant the management. its been too long now and I'm personally tired...semi finals is not good enough. Weer Probeer what is it now 10 years of no glory!!! You know WP fans are too loyal and they should speak by not going to the games that is what happened with Natal when they were really kak few years back no one went and watched them and they realised they really had to do something and look its working. Wo will always be just a team that plays rugby with no real winning desire and happy with 3 rd or 4th place. Ppl can say what they want about Luke Watson but what he did on the field and how he lead the team worked. We will not win this Currie cup. And the AC will have another excuse and he will coach again next year and it will be same story. Get rid of him and look at someone else please. Wp are playing too safe rugby we need to do things like quick line outs and quick taps exactly what the lions did the element of surprise and it worked clearly. Dissapointed humiliated embarressed WP supporter.

as Alister en Rassie net hier wou lees - alles hierbo gese en is so waar - maar hoekom het ons coaches wat in hulle eie wereld leef en week na week dieselfde foute maak - die skrif was aan die muur selfs toe ons nog gewen het. kies n WP span en speel WP rugby - moenie net hoop vir n individu soos Aplon of De Jongh om ui niks iets te maak nie. die Lions het gewys wat afrigting maak - hule voorspelers sou nie een plek kry in n WP span nie, maar deur die regte afrigting oordonder hulle ons voor. agter is hulle so ondernemend, teenoor n rigiede our struktuur wp aterlyn.
haal asb Duvenhage (voorspelbaar), Jantjies (stadig stadig stadig) en DE Waal (beter op die bank as backup) uit!! asb asb asb - die agterlyn soos Stefan voorstel is net wat ons nodig het - great mix van skill, ondervinding, ondernemend, spoed (wat ons nou nie het nie) - WP magic -die manne is hier - speel hulle !!

Nou wat gaan julle maak met julle duur inkopies... Habanna en Fourie???

Solank as wat WP talent wil inkoop as hulle klaar gebou is, IPV talent opbou van jong vlak af sal hulle sukkel....

Cheers Kerels
Bloubul...

En ek wil bysit... Solank as wat spelers bo 25 oorgekoop word na die WP toe, sal die ander unies, Bulle ingesluit aanhou om winskopie onder 21 spelers op te tel in die Wes Kaap. Hoekom moet jy as selfs 18jarige by die WP rugby bly, as jy weet hulle gaan in elkgeval ander spelers koop.

Hoe gaan AC habana en fourie drop en vir de jongh en aplon speel? Ek vermoed beide so n BAIE groot verskil in die bokke se spel gebring het, en dit van n bulls ondersteuner.

AC en Fleck Lees die volgende:

Hou op om die strukture so in die manne in te drill dat hulle nie die situasie voor hulle kan sien nie.. Brok kry in een stadium die bal en weet nie wat om daarmee te maak nie.. hy is in 'n gap moergroot.. wat doen hy?/ Hy maak vas... Jaco engels hardloop lyn toe en gaan druk!!! Om nou twee stutte in so situasie te vergelyk...

Fleck.. ek is al op skool as senter geleer: Jy hardloop reguit... hierdie krap styl en "drifting" van ons senters is gemors!!
Jy versmoor al die vleuel se spasie en hoe moet JJ hulle sy man klop as al 2 senters net saam drift en op hom is??
Pateties!! Ek challenge jou en Ac dat ek in 'n week beter met die agterlyn kan doen...
Julle speel die bulle se game plan met forwardsd wat one off will dryf uit geen diepte, geen speod geen slaankrag nie!!
Get with the times boys!!
Speel wat voor jou is.. daar is 'n tyd om te skop, hardloop, en dryf... leer die manne wanneer is die regte tye en sones oppi veld!!!

Sies!!

Totsiens WP, ou reus.
Stephen Nell het mos so 'n seisoen of twee gelede geskryf dat WP 'n sluimerende reus is wat net moet wakker word. Helaas het dit weer nie gebeur nie!
Behalwe vir die feit dat die WP spelers nie "GUTS" het nie, nie FIKS is nie en feitlik geen BALVAARDIGHEDE het nie, is hulle te SAG in die kop en die lyf vir CB rugby.
Met die soort spel wat hulle opdis, verdien hulle in elk geval nie om wenners van enige kompetisie te wees nie, en sal hulle ook nie.
Noord-Tvl en Natal sal maar weer die CB vir nog baie jare wen!
Lekker slaap, ou reus.

Stefan, daai agterlyn van jou is ongelooflik, ek kry sommer hoendervleis. ek kan nie aan beter dink nie

Stem saam met Stefan se backline, dink net dat JdV van bank af moet speel vir die naweek, hy het tawwe 3 weke agter rug. Hou ook van Poolman, lyk na lekker sterk en vinnige vleuel, maar helaas weet ons seker dat AC en manne nie na ons sal luister nie...maar ons kan seker maar net wens ne? Ai waar is die jare toe Carel Dup die sy opponent met lieflike systap geklop het en Calla Scholtz van agter ingesny het....those were the days my friend...
Dink ook nie AC besef hierdie is die comp om jonges te probeer nie, ons gaan GEEN Bokke he in volg jaar se CC nie dus moet diepte nou getoets en aangevul word. Voel nog steeds ook dat ons een slot te kort het of so nie moet Steenkamp 5 speel en Elstad ontwikkel word in no 4, ons het hope (te veel) talent op junior vlak in no 7 en 8. Was baie beindruk met Kolisi in o/21 en Carr in o/19 games en jy het nog vir Koster en Yaya wat ook nog eintlik o/21 is.

Kêrels en nou verruil ons Hoffie vir Rory op skrumskakel?!!! Rory haal nie eens die Sharks se begin span nie. Wie gaan nou die no 9 trui dra? Ricky in die begin span en Rory op die bank of dalk omgekeerd? Ek stem saam met wat hierbo gesê is: Laat die bestuur lees wat die ondersteuners sê. Ons is die mense wat naweek vir naweek maar weer wag en kyk of daar nie dalk êrens 'n wen wil uitspring nie, maar helaas, daar is niks. Die ander spanne se ondersteuners maak die een grap na die ander oor die WP se trofeekas, maar daar word niks aangedoen nie. Ek sê weer wat ek hierbo gesê het: Ons jong talent gaan vir ons, in ander spanne se truie, in ons eie agterplaas kom stukkend speel. Ek stem dare nie saam met die kritiek teen Jaque Fourie nie - ek dink hy en Jean en Juan kan die wêreld stukkend speel. Hou tog net in vadersnaam vir De Jongh in die Kaap!!!!!!!!!!!

Die groot probleem met WP rugby is dat hulle ondersteuners heeltemaal te lojaal teenoor hulle is.Ek is 'n groot WP ondersteuner en ons hou maar net aan om 'n verloor span te ondersteun!!!!!Veral julle klomp in die Kaap, julle moet ophou om Nuweland vol te pak totdat hulle leer om rugby te speel !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!(maar toemaar die naweek is die paviljoene weer vol!!!!!!!!!!!!!!!!!!)

Dit is niks om vi WP te aanhou ondersteun nie, maar die manier hoe hulle nou rugby speel is 'n aanduiding dat hulle nie rerig meer weet wat hulle anvang nie! Daar is geen visie, intensiteit, passie of hart meet in hulle spel nie. As ons anhou ons name so g@t mak soos die afgelope 2 naweke, sien ek 'n bottom 4 vi ons. O ja WP, na julle k@k spelery het ek my nuwe 42" flat screen stukkend gegooi. Gan maar die kaartjie gelde spaar en vi my 'n nuwe 1 koop! Ten minste hoef ek nie te worry oor hartaanvalle en floutes die vlg paar weke nie want ek gan nie sien hou julle speel nie.

WP sal NOOIT WEER in rugby se bestaan die Curriebeker wen nie!!!

Ek nooi alle mense uit om WP te los vir ander spanne te skreeu - die wat niie wil nie moet maar saam met WP diie gelag en gespot verduur - WANT EK LAG VIR DIIE WP.

NOOIT WEER SAL HULLE DIE CURRIEBEKER KRY NIE!!! HOEKOM? Eenvoudig... want hulle is pateties verby!!!!!!!!!

Verify your Comment

Previewing your Comment

This is only a preview. Your comment has not yet been posted.

Working...
Your comment could not be posted. Error type:
Your comment has been posted. Post another comment

The letters and numbers you entered did not match the image. Please try again.

As a final step before posting your comment, enter the letters and numbers you see in the image below. This prevents automated programs from posting comments.

Having trouble reading this image? View an alternate.

Working...

Post a Comment
Calendar
February 2012
Sun Mon Tue Wed Thu Fri Sat
      1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29